Wenakker
HOME | ABOUT US | PROFILE | DONATORS | CONTACT US

NEWS/EVENTS

13-18 MAY 2012

Aqua Malongane

DIE jaarlikse Aqua Malongane Hengelkompetisie is vanjaar vanaf 13 tot 18 Mei deur Wenakker aangebied. Dit was die veertiende agtereenvolgende jaar wat die geleentheid in Mei aangebied is. Nege bote en twee Jetski’s het aan die kompetisie deelgeneem. Gaste het ingesluit vriende en familie van die deelnemers, vriende en donateurs van Wenakker, die Highlands Panorama Nuus, wat die geleentheid se fotokompetisie aangebied het en natuurlik die gaskunstenaar wat elke aand musiek verskaf het. Dit was die eerste keer dat die musiek deur Freddie Mong hanteer is en wat ’n kunstenaar is hy nie! Afrikaanse liedjies, Golden Oldies en Rock is met gemak deur die veelsydige Mong met sy sterk stem hanteer. Hy het letterlik die skare aan sy voete (en op hulle voete) gehad. Dan het Wilma Muller en Marie Kruger van Wenakker natuurlik soos gebruiklik Malongane se kombuis oorgeneem en is gaste elke dag met ’n skitter ontbyt en vyfster aandete trakteer. Elke boot hengelaar het ook elke dag ’n bootpak met eetgoed ontvang. Chris Jankowitz (Direkteur Wenakker), Marco Van Wyk en Koos Prince het daagliks die radio beman en strandbeheer toegepas. Die hengelkompetisie is deur Garth Mc Gee en span op Manyana gewen. Aqua Malongane is destyds deur Wenakker en Koos Prince begin as ’n fondsinsamelingsprojek vir Wenakker. Dit het deur die jare gegroei tot veel meer, waar dit nou ook ’n dankie sê vir borge en ’n skakelgeleentheid vir Wenakker geword het, waar nuwe kontakte elke jaar gebou word.



Vanjaar is ook geskiedenis gemaak deur die eerste keer ’n groepfoto te plaas van almal wat daar was, met hulle Malongane hemde aan.

Borge

Kompetisiepryse:
1. Herman Truck Accident Repairs Centurion
2. Limpopo Bande Pietersburg
3. Blinkwater Vulstasie Stoffberg
4. Ganis Witbank
5. Thomas Tyres Middelburg

4 x TDL25 Visstok met Katrol     
2 x TDL 30 Visstok met Katrol
2 x TDL 50 Visstok met Katrol    
2 x Selfone
5 x Geskenkbewyse ter waarde van R 5000-00 elk
1 x Kompressor                       
5 x Biltongkerwers
2 x Vismes Stelle                     
2 x Trekskale
2 x Sidecutters                       
2 x Longnose pliers
4 x Koplampe                          
2 x LED Penlights
2 x Jumper cable sets             
10 x Kunsaas
4 x Leatherman stelle (BF Goodrich)

Die volgende persone / instansies het bygedra tot ’n skenking van R 20 000 kontant: Flip en Chris Myburg (Aquajoy). Herman Truck Accident Repairs (Centurion).

Instansie wat die “handouts” vir die bote geskenk het: - Engen Petroleum.

Borge van hemde:
Tyre Boys Lydenburg.              
Supa Quick Burgersfort.
Michelin.                                
Mc Gee & Kie Lydenburg.

Borge van skoonmaakmiddels: - Alrose Chemicals Boksburg.

Borge van voertuigbrandstof:
Echo Petroleum                     
Alrose Chemicals
Fraser Alexander Bulk Mech Lydenburg

Skenking van vleis:
Flip en Chris Myburg (Aqua Joy) - Wors, varknek, beesstert, beesvleis, maalvleis. Hoender - Mikon Farms en Willie Coetsee. Skilpadjies - Bokkie se Vleismark Lydenburg. Vis - Hengelaars Aqua Malongane. Skaap en Vark - Wil anoniem bly. Skenking van groente en vrugte: Patats en druiwe - Jannie Risseeuw. Bone greenpeppers en pomelos - Overbrug Boerdery. Aartappels - Potato Seed Production Jakkie Mellet. Avokadopere en lemoene - Lood De Jager. Naartjies - Morone Sitrus. Uie & Pampoen - Jan en Dewald Els.

Borg van trofeë: Wenspan trofee & Seilvis wisseltrofee - Willie Van Rensburg. Tag & Release sertifikate - Willie Van Rensburg.

Borg van strandbeheer radio: Peter Goldsmith.



Bo: Chris Jankowitz (Direkteur Wenakker en organiseerder van die jaarlikse Aqua Malongane) met die wenspan Garth McGee, Peter Goldsmith en Kobus Maas (wenner swaarste vis) op Manyana.


















HOW CAN YOU HELP?

Wenakker is a non-profit organization and relies on sponsors.
 
SA Lotto        
© WENAKKER 2012 | ALL RIGHTS RESERVED | DESIGN BY Highlands Panorama News